Beste Geskenk vir Rugby Malles!
Stryd Van Die Reuse
In Stryd van die reuse vertel die gesoute rugbyskrywer Michael Green ‘n klompie rugbystories op sy eiesoortige manier – ware staaltjies uit sy loopbaan by Die Burger, Die Son, Beeld en elders. Pittig, snaaks, pragtig geskryf, uniek!
BOEKBESPREKING: SPORTBLAAIE
E-boek beskikbaar
DIE E-WEERGAWE VAN STRYD VAN DIE REUSE IS BESKIKBAAR BY AMAZON.

STRYD VAN DIE REUSE BY DIE DRUKKERS!
Elkeen van ons het ‘n rugbystorie. In Stryd van die reuse vertel Michael Green ‘n klompie rugbystories op sy eiesoortige manier. Hy vertel van snaakse goed wat met hom gebeur het as rugbyskrywer, soos die keer toe hy net moes keer toe ‘n fotograaf ‘n “kannibaal-foto” wou neem. In die boek is daar onderhoude met bekende en vergete rugbyhelde, soos Temba Ludwaba wat op sy dag as die “swart Frik du Preez” beskryf is. Daar is ‘n roerende vertelling van die oud-Springbok kaptein Hannes Marais oor ‘n spanmaat wat twee keer sy glasoog op die rugbyveld verloor het. Dis maar net ‘n paar hoogtepunte uit die lekkerleesboek wat rugbyliefhebbers nie sal kan neersit as hulle di teers begin lees het nie.
“Wat ‘n verrassende en totaal anderse boek van voorheen onvertelde rugbystories…! Die boek bevat pittige stories met wye onderwerpe vanaf Oubaas Markötter, Danie Craven tot Uys Krige; van groot name tot plattelandse spelers; stories van eie ervarings as joernalis… ‘n Lekkerkees boek wat ons land se ryke rugbygeskiedenis mooi saamvat.”
-Wynand Claassen, voormalige Springbok-kaptein
Boeke deur Michael Green as RR Ryger
DRANK, SEKS EN DAVID BOWIE
‘n Fiktiewe biografie oor Ronnie Ryger, ‘n sluipende, dronkgat digter wat vlug vir sy verlede, maar sy eskapades, sekskapades haal hom in, in die vorm van drie psigopatiese wrekers. BESTEL HIER
DIE HOL GEVOEL
Hierdie boek het 35 jaar gelede verskyn en het dadelik die aandag getrek. Ryger se eerste prosawerk is deur sommige resensente as die van ‘n mal mens beskryf terwyl ander die as grensverskuiwend aangeprys het. BESTEL HIER.

Michael Green
“Een van die begaafste stemme van die Afrikaanse woord” – Joan Hambidge.